Onder die lapa

Hier kuier ons lekker saam

Kruie en speserye Ju6e 28, 2007

Filed under: Kruie en speserye — karoles @ 12:08 p06

Pimento (Allspice) - Bredies
Basiliekruid (Basil) - Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
Lourierblare (Bay leaves) - Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas
Kappertjiesaad (Capers) - Vis- en ander seekosse
Rissiepeper (Cayene pepper) - Kaas- en eiergeregte
Chilli - Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Grasuie (Chives) - Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) - Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
Naeltjies (Cloves) - Hoender-, vark-, vis- en wildsvleisgeregte
Koljander (Coriander) - Vleis, droëwors en biltong
Vinkel (Fennel) - Groente en slaaie
Knoffel (Garlic) - Vleis, vis, groente en slaaie
Gemmer (Ginger) - Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
Peperwortel (Horseradish) - Gebraaide bees en skaap
Foelie (Mace) - Bredies, frikkadelle, roomsouse en hoendervulsels
Moederkruid (Marjoram) - Sop, bredies and vleisvulsels
Ment (Mint) - Groente en vis (met botter)
Mostert (Mustard) - Vleis, vis, groente, souse en sop
Neutmuskaat (Nutmeg) - Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) - Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)
Paprika - Vleisgeregte, groente en slaaie
Pietersielie (Parsley) - Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
Roosmaryn (Rosemary) - Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) - Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) - Vulsels vir vleis en hoender
Dragon (Tarragon) - Lamvleis, souse en piekels
Tiemie (Thyme) - Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Borrie (Turmeric) - Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) - Slaaie

 

Diabetes / Suikersiekte Ju6e 28, 2007

Filed under: Diabetes/Suikersiekte — karoles @ 12:08 p06

Ek is vyf jaar gelede al gediagnoseer as ‘n diabeet.  Ek het vir twee jaar eers medikasie gebruik, daarna moes ek begin insulien spuit, ek spuit 4 x per dag, 3 x kortwerkende insuliene, en voor ek gaan slaap die langwerkende insuliene.  Ek plaas ‘n stukkie hieronder oor suikersiekte, en sal vir julle later ook resepte plaas.  Julle is welkom om vrae te vra.

Diabetes of suikersiekte, is ‘n siektetoestand waar daar te veel glukose (suiker) in die bloed teenwoordig is, omdat die liggaam nie voldoende insulien produseer om dit te kontroleer nie. Insulien word gewoonlik in die pankreas vervaardig.

Diabetes kan in twee groepe verdeel word nl.:

  • Tipe 1 - Die pasient moet elke dag insulien-inspuitings kry en heet dus insulien-afhanklike diabetes. Dit kom meetal by die jonger ouderdomsgroepe voor.
  • Tipe 2 - Die pasient moet op ‘n spesiale dieet gaan en gewig verloor. Indien dieet alleen nie meer voldoende is om die siekte te beheer nie, moet die pasient tablette neem. Hierdie tipe kom meetal in mense oor 40 jaar en wat oorgewig is, voor. Hierdie tipe kan in families voorkom.

Simptome van die siekte

Abnormale dors

Baie gereelde urinering

Abnormale honger

Skielike gewigsverlies

Onverklaarbare moegheid

Voete en hande wat jeuk en soms ‘n tintelende gevoel het

Swak visie

Vel infeksies

Glukose in die urine

Diabetes (tipe 1) begin gewoonlik met toenemende dors en die dikwelse passering van ligte strooikleurige uriene. Daar mag gewigsverlies, moegheid en herhaalde infeksies van die vel, voete of blaas wees.

Daarenteen is tipe 2 diabetes dikwels ‘n stille simptoomvrye siektetoestand en derhalwe moet enigiemand met ‘n familiegeskiedenis van diabetes gereeld getoets word. Dit kan gediagnoseer word deur die uriene of die bloed vir die teenwoordigheid van suiker te toets. ‘n Vastende bloedtoets (dws die bloed word getrek voordat u iets in die oggend geeet of gedrink het) kan die diagnose van diabetes bevestig.

Hoe word diabetes behandel?

Die doel met die behandeling is om die vlak van die bloedglukose so na as moontlik aan die normale kurwe te probeer kry om sodoende komplikasies te voorkom.

Insulien afhanklike diabete (tipe 1) moet hulself een, twee of meer kere met insulien inspuit. U sal geleer word hoe om dit te doen, asook hoe om u uriene met ‘n doopstafie, en u bloed met ‘n vingerprik te toets om sodoende die glukose-vlak in u bloed te meet. U sal ook op hierdie wyse in staat wees om u eie dosisse insulien te monitor en aan te pas. Dieet is ook belangrik.

Oorgewig of volwasse-aanvang diabetes (tipe 2) benodig nie inspuitings nie, maar moet ‘n streng gekontroleerde dieet volg en mag ook tablette een of twee keer per dag benodig om die glukose te verlaag.

Dit is lewensbelangrik dat diabete nie moet rook nie, aangesien dit tot verdere komplikasies van die hart en die bloedvate aanleiding gee. U moet jaarliks u oe laat toets en u behoort ook ‘n “Medic Alert” plaatjie te dra. Indien u aan hoe bloeddruk ly, is dit net so belangrik dat u ook hierdie medisyne gereeld neem. Gereelde besoeke aan u tandarts en sorgsame tand- en mondhigiene is ook belangrik. Oefen gereeld, maar vermy uitermatige of veeleisende inspanning wat u slegs oor naweke doen.

Dit is uiters belangrik dat u vir gereelde mediese ondersoeke na u geneesheer gaan.

 

 

 

 

 

Die eerste week is verby Ju6e 28, 2007

Filed under: Uncategorized — karoles @ 12:08 p06

Voordat ek oopgemaak het, het ek so bietjie rondgebel na ander party besighede toe, en op ‘n stadium sê ‘n vroutjie vir my … jy gaan baie besig wees, en Donderdag en Vrydagaande slaap jy maar min.  Nou, ek het dit al ondervind in die eerste week.  ‘n Goeie teken, ek is baie besig.

Ek het nie eers geweet wat is ‘n pinata nie, maar as mense daarna vra dan moet ek dit mos kan lewer.  So ek het op die internet rondgedwaal en gelukkig ‘n paar voorbeelde en patrone gekry om dit te maak.  Dis nogal ‘n uitdaging, ek wil vanmiddag sommer met die eerstes begin.

Ek het hierdie week ‘n hele paar bestellings gekry vir koeke, ek sal ‘n paar foto’s opsit.  Volgende week het ek ook ‘n paar bestellings vir koeke, en baie platters, soet en sout.  Die een springkasteel word ook vandag ingewei by ‘n kinder partytjie.

Dit gaan goed.  Ondanks dat ek hierdie week ook nog baie siek was, en min geslaap het.  Ek is baie positief.  Maar ek moet eerlik wees, ek sien ook uit na more om net lekker te rus.

 

Die Hekseketel Ju6e 28, 2007

Filed under: Die Hekseketel — karoles @ 12:08 p06

More, 9 Junie maak my winkel oop.  Dit was wik en weeg wat ek wou doen, maar het toe uiteindelik besluit om ‘n winkel oop te maak wat partytjie benodigdhede verkoop.  Ek organiseer ook self partytjies, verhuur springkastele, partytente, tafels en stoele ens.  Hier ‘n paar foto’s vir julle.